Blues skuif groot name na bank vir Lions-stryd
2011-03-02 13:13
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die afrigter van die Blues, Pat Lam, het ses veranderinge gemaak aan die span wat Vrydag teen die Lions in Johannesburg gaan uitdraf.
Volgens die allblacks.com webtuiste sal Luke McAlister vir Stephen Brett in die losskakel-posisie vervang.
Die Blues se haker en kaptein, Keven Mealamu, is ook na die plaasvervangersbank geskuif met Tom McCartney wat in die nr.2-trui uitdraf.
All Black Rene Ranger maak plek vir sewesspeler Sherwin Stowers op linkervleuel.
Die losvoorspeler Jerome Kaino is as kaptein vir die kragmeting teen die Lions gekies.
Afskoptyd is 19:10
Spanne:
Lions:
15. Jaco Taute, 14. Lionel Mapoe, 13. Waylon Murray, 12. Doppies La Grange, 11. Michael Killian, 10. Elton Jantjies, 9. Jano Vermaak, 8. Warren Whiteley, 7. Josh Strauss, 6. Derick Minnie, 5. Franco van der Merwe (kaptein), 4. Wikus van Heerden, 3. Patrick Cilliers, 2. Bandise Maku, 1. JC Janse van Rensburg
Plaasvervangers: Martin Bezuidenhout, Kevin Buys, Dries van Schalkwyk, 19 Cobus Grobbelaar, 20 Rory Kockott, 21 Burton Francis, 22 James Kamana
Blues:
15. Isaia Toeava, 14. Joe Rokocoko, 13. Jared Payne, 12. Benson Stanley, 11. Sherwin Stowers, 10. Luke McAlister, 9. Alby Mathewson, 8. Peter Saili, 7. Luke Braid, 6. Jerome Kaino (kaptein), 5. Ali Williams, 4. Kurtis Haiu, 3. John Afoa, 2. Tom McCartney, 1. Tony Woodcock
Plaasvervangers: 16. Keven Mealamu, 17. Charlie Faumuina, 18. Anthony Boric, 19. Daniel Braid, 20. Toby Morland, 21. Stephen Brett, 22. Rene Ranger
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24