Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Superrugby

Blues-breier in spervuur voor Sharks-stryd

2012-04-10 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Cheetahs weer op spoed
Cheetahs weer op spoed

Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.

Naka kies Brüssow op bank
Naka kies Brüssow op bank

Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.

Chiefs trap die Cheetahs
Chiefs trap die Cheetahs

Die Cheetahs word deur die verdedigende Super-rugbykampioene die Chiefs met 45-3 op die Waikato-stadion in Hamilton verniel.

Johannesburg – Die Sharks het ’n hele paar kreukels om uit te stryk ná hul frustrerende nederlaag Vrydag teen die Hurricanes, maar hul volgende teenstanders trap veel meer water.

In Auckland is die ontevredenheid oor die Blues se gesukkel in vanjaar se Super-rugbyreeks só groot dat daar reeds oor moontlike opvolgers vir hul afrigter, Pat Lam, bespiegel word.

As die Blues Vrydag in Auckland teen die Sharks vasval, kan Lam se kop op ’n blok wees.

Slegs die Lions het die seisoen ’n swakker vertoningslys as die Blues. Voor die aanvang van die reeks is verwag dat die Blues een van die pasaangeërs sou wees.

Geen Nieu-Seelandse afrigter is al in die verloop van ’n seisoen die deur gewys nie, maar Lam kan dié statistiek verander as sy span nie gou verbeter nie.

Op webwerwe word die name van Vern Cotter, wat Clermont-Auvergne in Frankryk afgerig het, en Joe Schmidt, ’n voormalige afrigter van Leinster in Ierland, genoem.

Ook Graham Henry, wat die tuig as All Black-afrigter ná die verowering van die Wêreldbeker neergelê het, se terugkeer word bepleit.

Lam het aan RadioSport in Nieu-Seeland gesê hy gaan nie sy span met die gebakte pere laat deur te bedank nie.

“Ek bly gefokus op die werk wat gedoen moet word en dit beteken baie vir my. Waar ons lê (puntelys), maak nie net myself nie, maar ook die span seer.

“As my spelers my vra om dit te doen (te bedank), dan is dit ’n ander saak. Ek het vertroue in die steun wat ek geniet en die raad was fantasties,” het Lam gesê.

Sy span se laaste nederlaag was Donderdag, teen die Rebels in Melbourne.

Lam se enigste oorwinning vanjaar was oor die Bulls op Loftus Versfeld – toe die bottelgooiery van ’n Bulls-ondersteuner dié geleentheid ontsier het.

Om as ’n besoekende span op Loftus te wen, sit nie in enige span se broek nie en dit sê iets oor die potensiaal van die Blues.

Dit is hoe die Sharks dit vandeesweek sal moet benader.

’n Herhaling van die gebrekkige afronding en dissipline soos teen die Hurricanes, sal die Sharks in die sop kry.

Die Springbokke Patrick Lambie en Bismarck du Plessis behoort darem hul terugkeer tot die beginspan te maak.

Lambie kan Frederic Michalak as losskakel vervang nadat eersgenoemde twee wedstryde weens ’n mondbesering misgeloop het.

Du Plessis is as ’n voorsorgmaatreël vanweë ’n bobeenbesering slegs as plaasvervanger teen die Hurricanes gebruik.

Hy het perdfris gelyk toe hy later in die wedstryd op die veld gestuur is.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: blues  |  sharks
VOLGENDE OP NUUS24X

Cheetahs weer op spoed

2013-05-18 21:23

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Superrugby-kommentaar

ShotLeft sê... Mooi manne. Geluk hier uit Melbourne waar my eie span Vrydag aand in die hek geduik het.. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PR Eng Civil

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R600000 - R800000

Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R450000 - R550000

Senior Civil Engineer

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R650000 - R700000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.