Super Rugby

Blasers deeglik bekyk

2010-05-05 09:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - “Speel” die skeidsregter eerder as om hom te kritiseer.

Dís die les wat Suid-Afrikaanse rugby uit die Stormers se sukses in vanjaar se Super14-rugbyreeks kan leer.

Die Stormers, onder kapteinskap van Schalk Burger, is die enigste span wat nog nie met ’n geelkaart in vanjaar se Super14-toernooi gestraf is nie.

Burger lei die Kapenaars Saterdag terug na die veld in Durban waarop hy twee seisoene gelede koelkas toe gestuur is en daarna vir twee weke vir swak sportmanskap geskors is nadat hy ’n sarkastiese handgebaar vir Willie Roos gewys het.

Die geelkaart het ’n groot rol in die Stormers se nederlaag van 10-12 gespeel.

Roos, wat daardie dag ’n grensregter was, het sedertdien as wedstrydbeampte uitgetree.

Burger is ook nou ’n meer volwasse speler en as leier word hy uit sy eie kamp geloof vir sy goeie kommunikasie met skeidsregters.

Stuart Dickinson, wat deur Suid-Afrikaanse ondersteuners verpes word, hanteer Saterdag se derbystryd teen die Sharks.

Dis die vierde keer vanjaar dat hy die fluitjie dra in ’n wedstryd waarin die Stormers speel en weer eens pla dit hulle glad nie.

Die rede vir die Stormers se positiewe ervaring met skeidsregters is waarskynlik omdat hulle dit vanjaar ’n wetenskap gemaak het.

Elke skeidsregter word weekliks bestudeer en die Stormers pas aan by die tendense wat hulle data uitwys.

“Ons het ’n groep wat die skeidsregters bestudeer. Dis ’n uitgerekte proses en dit sluit dinge in oor hoe hy hom posisioneer; hoeveel strafskoppe hy per wedstryd toeken en waarvoor die strafskoppe is,” sê die Stormers se afrigter, Allister Coetzee.

“Jy weet dan waarop die skeidsregter fokus. Dit help om ’n goeie analise van ’n skeidsregter te hê.”

Coetzee is bly dat die Stormers weer vir Dickinson kry. Hulle het op die Australasiese toer teen die Western Force met hom as wedstrydbeampte verloor, maar uiteindelik die fout by hulself gevind.

“Stuart is die skeidsregter wat verreweg die meeste strafskoppe toeken. Schalk is baie goed met sy kommunikasie en om by Stuart­ se styl aan te pas,” sê Coetzee.

“Wat my werklik van Stuart beïndruk, is dat hy nie bang is om groot besluite te neem nie. Sy geelkaart teen die Crusaders verlede week was ’n groot besluit.

“Hy het dit geneem omdat hulle die bal vertraag het en die reël aangepas is om die aanvallende span te bevoordeel. Stuart het ferm opgetree.”

Die Bulls is die span wat tot dusver die minste strafskoppe – 94 – in die reeks afgestaan het.

Die Stormers het al 113 afgestaan, maar die feit dat nie een van hulle al ’n geelkaart gekry het nie, wys hoe goed hulle by skeidsregters aanpas.

“As jy as span wil speel en deel van ’n span wil wees, speel jy volgens die reëls. Hierdie span verstaan die reëls baie goed,” sê Coetzee.

“Dissipline is deurslaggewend. Jy kan nie die Super14 met 14 spelers op die veld speel nie.”

Coetzee meen Burger het ook die kuns van kommunikasie met skeidsregters deeglik onder die knie.

“Die kommunikasie tussen ’n kaptein en die skeidsregter is baie belangrik. George Gregan, Sean Fitzpatrick en John Smit het almal goeie verhoudings met skeidsregters gehad,” sê die breier.

“Schalk hanteer dit baie goed. Sy benadering verskil van ander spelers. Hy glimlag nie oor nonsens en hou geen front voor nie.

“Hy is ’n baie intense persoon en het vanjaar baie goeie leierskap getoon. Hy lei die span deur sy voorbeeld.”

- Sport24
 

Lees meer oor: stormers  |  skeidsregters  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... Renoir het te veel gesuip tydens lunch en nou loop die mond oor van die stront wat in sy binneste opgebou het van dei verwaarlosing in sy kinderjare....shame... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.