Super Rugby

Beserings looi Sharks

2011-05-24 09:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Sharks sal Saterdag sonder twee van hul Springbokke – en dalk selfs ’n derde – moet klaarkom in hul Super Rugby-wedstryd Saterdag teen die Waratahs in Durban.

Die vleuel Odwa Ndungane het sy hand gebreek en sal ten minste ’n maand langs die kantlyn wees.

Die vaskopstut Jannie du Plessis het ’n gedeeltelike mediale skeur aan sy regterknie opgedoen en sal ook sowat ’n maand lank nie kan speel nie.

Die senter Adrian Jacobs sukkel met ’n enkelbesering wat hom dalk ook uit die Waratahs-stryd kan hou. Hy moet Donderdag ’n fiksheidstoets aflê.

Die Springbok-kaptein, John Smit, het darem Maandag volstoom aan die oefening deelgeneem en sal oorweeg kan word vir die kragmeting met die manne van Sydney.

Volgens Ewoudt van der Linde, die Sharks se spandokter, het Ndungane sy hand reeds in die eerste helfte gebreek, waarna dit verbind is en hy voortgespeel het.

Hy is in die tweede helfte in die plek van Louis Ludik na heelagter geskuif.

Dié boorling van die Oos-Kaap se spel was, ondanks sy gebreekte hand, een van die min ligpunte in ’n andersins baie oninspirerende Sharks-span.

Hy sal binne die volgende paar dae ’n operasie ondergaan.

Daar is aanvanklik gevrees dat Du Plessis se kniebesering veel erger kon wees as wat uit die skandering geblyk het.

Anders as met die Bulls se Bok-skrumskakel Fourie du Preez, het Du Plessis nie die mediale ligamente heeltemal geskeur nie, maar slegs gedeeltelik.

Die nuus uit die Sharks-kamp is dat hulle oorgehaal is om te vergoed nadat hulle naam weggegooi het teen die Bulls die afgelope naweek.

Hulle is glo kwaad vir hulself oor dié onbeholpe vertoning en die magdom foute wat hulle begaan het.

Hulle het talle strafskoppe afgestaan en ook die een bal ná die ander aangeslaan.

Hulle is vasbeslote om sake Saterdag teen die Waratahs reg te stel en terug te kom op die wenpad.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: sharks  |  super rugby  |  beserings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... LMGA...wel geseg ou maat....! goeie een... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.