Beast draf uit teen Highlanders
2012-05-03 09:16
In-diepte Verslae
Die Cheetahs het twee veranderings gemaak aan die span wat die Southern Kings op die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth pak.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Kaapstad – Die Sharks het hul span aangekondig wat Saterdag teen die Highlanders in Durban uitdraf met Beast Mtwarira wat die eerste keer in vanjaar se Super-rugbyseisoen in die beginspan sal uitdraf.
Die losvoorspeler Ryan Kankowski is ook terug ná 'n besering hom lank op die kantlyn gehou het, maar sal op die plaasvervangerbank diens doen.
Die Sharks moet nog besluit of Jannie du Plessis, wat 'n stamp gekry het in die wedstryd teen die Chiefs, in die 15-tal gaan uitdraf en of hy eerder plekke met Wiehahn Herbst op die bank moet ruil.
John Plumtree, die Sharks se breier, het Paul Jordaan op buitesenter gekies. Dié skuif beteken dat JP Pietersen terug is in sy beter bekende vleuel-posisie. Louis Ludik sal op heelagter uitdraf.
Afskoptyd Saterdag is om 17:05.
So lyk die span:
1. Tendai Mtawarira, 2. Bismarck du Plessis, 3. Jannie du Plessis / Wiehahn Herbst, 4. Steven Sykes, 5. Anton Bresler, 6. Jacques Botes, 7. Marcell Coetzee, 8. Keegan Daniel (kaptein ), 9. Charl McLeod, 10. Patrick Lambie, 11. Lwazi Mvovo, 12. Tim Whitehead, 13. Paul Jordaan, 14. JP Pietersen, 15. Louis Ludik
Plaasvervangers: 16. Craig Burden, 17. Wiehahn Herbst/Jannie du Plessis, 18. Pieter-Steph du Toit, 19. Jean Deysel, 20. Ryan Kankowski, 21. Frederic Michalak, 22. Meyer Bosman,
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24