Barry wys rigting vir Bulls in Super14
2010-01-25 06:48
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Michael Green
Port Elizabeth - As die Bulls De Wet Barry nié in vanjaar se Super14-rugbyreeks gebruik nie, sal hulle dom wees.
Barry het Saterdag ’n puik vertoning vir die Oostelike Provinsie in ’n vriendskaplike wedstryd teen die Cheetahs gelewer.
Die Cheetahs het dié kragmeting hier in die Nelson Mandelabaai-stadion met 13-9 gewen.
Baie van die Vrystaters sal vandag dalk ’n blou kol of twee vertroetel waar hulle met Barry kennis gemaak het.
Dié voormalige Springbok is wel al 31 jaar oud, maar het gespeel asof hy die put vol water van ewige jeug ontdek het.
“De Wet het ons in die eerste kanaal teruggeduik en hy sy losvoorspelers goed in die spel gebring,” het Hawies Fourie, die Cheetahs se agterlyn-afrigter, gesê.
“Dit was duidelik dat hy ’n belangrike rol as leier by die OP vervul.
“Hy het nog baie rugby in hom en kan nog in Super14-rugby gebruik word.”
Barry het nie net op die verdediging uitgeblink nie.
Een van sy breekslae in die eerste helfte kon op ’n drie uitgeloop het as daar nie ’n aanslaan was nie.
Die beskeie Barry wou nie oor sy eie spel praat nie en het eerder sy spanmaats geloof.
Hy sal vandeesweek weer by die Bulls inval en kom ná sewe dae terug OP toe, waar hy op gereedheidsgrondslag vir die Bulls sal wees.
“Die reëling met die Bulls is dat hulle my kan betrek as dit nodig is,” sê Barry.
– Sport24