Bakkies lei Bulls se B-span
2010-05-12 14:47
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria - Bakkies Botha sal vir die eerste keer in twaalf jaar kaptein van ‘n rugbyspan wees, wanneer hy die Bulls Saterdag in hul SA-derby teen die Stormers op Nuweland lei.
Bulls-breier Frans Ludeke het slegs Jacques-Louis Potgieter in die span wat verlede Saterdag teen die Crusaders uitgedraf het, in sy beginspan behou.
Potgieter skuif vanaf senter na die losskakel-posisie.
Die Bulls-span sluit slegs twee Super14-nuwelinge in en hulle is die Springboksewesspeler Deon Helberg en Gerrit-Jan van Velze.
Twee voormalige Stormer-spelers, De Wet Barry en Tiger Manweni, maak ook Saterdag hul debuut vir die Bulls.
Die omstrede besluit om die Bulls se B-span teen die Stormers op die veld te stuur, het tot groot ontevredenheid onder spanne, wat nog vir plekke in die halfeindronde veg, gelei.
“Ons het respek vir die ander spanne, “ het die Bulls-breier gesê, “maar ons moet ons eie wedloop hardloop.”
“Ek kan almal verseker, ons gaan Nuweland toe om kompeterend te wees," het Ludeke bygevoeg.
Bakkies Botha was laas 'n kaptein in 1998 vir die SA Skolespan.
“Hierdie is nie ‘n B- of C-span nie,” het Botha gesê. “Ons speel teen die Stormers op Nuweland en voel so sterk soos enige Bulls-span.”
So lyk die spanne:
Stormers:
15. Joe Pietersen, 14. Gio Aplon, 13. Jaque Fourie, 12. Juan De Jongh, 11. Bryan Habana, 10. Peter Grant, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Duane Vermeulen, 7. Francois Louw, 6. Schalk Burger (kaptein), 5. Andries Bekker, 4. Adriaan Fondse, 3. Brok Harris, 2. Tiaan Liebenberg, 1. Wicus Blaauw
Plaasvervangers: 16. Deon Fourie, 17. Eusebio Guinazu, 18. Anton van Zyl, 19. Pieter Louw, 20. Ricky Januarie, 21. Willem De Waal, 22. Tim Whitehead
Bulls: (met aantal Superrugby wedstryde gespeel in hakies)
15. Tiger Mangweni (9), 14. Jaco van der Westhuyzen (51), 13. Stephan Dippenaar (11), 12. De Wet Barry (78), 11. Deon Helberg (0), 10. Jacques-Louis Potgieter (29), 9. Heini Adams (35), 8. Pedrie Wannenburg (110), 7. Gerrit-Jan van Velze (0), 6. Derick Kuun (53), 5. Bakkies Botha (kaptein - 85), 4. Flip van der Merwe (16), 3. Bees Roux (28), 2. Bandise Maku (18), 1. Jaco Engels (39)
Plaasvervangers: 16. Chiliboy Ralepelle (18), 17. Dean Greyling (2), 18. Fudge Mabeta (1), 19. Okkie Kruger (0), 20. Ruan Snyman (0), 21. Francois Brummer (0), 22.Stefan Watermeyer (0)
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
Afskoptyd Saterdag op Nuweland is 17:05
- Sport24