Super Rugby

Bakkies hoor vandag

2010-05-18 10:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd
Bulls kry goeie nuus voor Chiefs-stryd

Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria - Die Bulls is teen dié tyd al geskool daarin om vir belangrike wedstryde met ’n swaard bo die kop voor te berei.

Verlede seisoen dié tyd is die Maandag-oefening vir die halfeindstryd teen die Crusaders sonder twee eerstekeuse-spelers gehou omdat Bakkies Botha en JP Nel in tugverhore besig was.

Dié keer was dit net Botha wat in formele klere - en sy spanmaats buite op die oefenveld in oefenklere en meeste kaalbolyf - gesweet het, maar hy sal eers vandag saam met hulle hoor wat sy lot gaan wees nadat hy vir ongeoorloofde spel uitgewys is en gister voor SA Rugby se dissiplinêre voorsitter, Peter Ingwersen, moes verskyn.

Die uitspraak word eers vandag gegee, maar te oordeel aan die drie en ’n half uur wat die verhoor geduur het, kan die uitspraak dalk soos verlede jaar, weer die kollig werp op Botha se manier van rugby speel.

Op die veld het sake veel makliker verloop, hoewel daar nie minder as in die raadsaal gesweet is nie.

Die Bulls-groep is slaggereed en ná die ruskans van die afgelope week was skete soos verwag kon word, feitlik afwesig.

Boonop was John Mametsa en Jaco Pretorius, wat die Kaapse stryd weens beserings misgeloop het, op hul pos en die spandokter Org Strauss was vol moed dat hulle oorweeg sou kon word.

Met Gerhard van den Heever, wat die kragmeting weens ’n skorsing misloop, is die kollig juis op regtervleuel en beide Mametsa en Pretorius het rolle te speel in dié verband.

Frans Ludeke, afrigter, het die luukse om Pretorius saam met sy mede-Springbok, Wynand Olivier, as sentermaats in te span, wat Mametsa saam met Deon Helberg, Jaco van der Westhuyzen en Stephan Dippenaar in die wedloop vir die nommer 14-rui laat.

Dippenaar is self ’n keuse aan Olivier se buitekant, want Jacques-Louis Potgieter, wat laas teen die Crusaders daar gespeel het, sal sekerlik as versekeringspolis bank toe geskuif word waar hy as adjudant vir Morné Steyn gaan waarneem.

Die wysheid van die ruskans is deur Strauss bevestig.

“Daar is ’n paar ouens wat wel in die Kaap gespeel het wat sukkel met skete, maar die res is slaggereed.

“So ook Jaco en John en hulle sal oorweeg kan word,” het Strauss bevestig.

Pretorius en Dippenaar het saam met Olivier geoefen en vir die blondekop is dit ’n groot verligting dat hy op die veld sal wees.

Olivier het verlede jaar se halfeind teen die Crusaders misgeloop toe hy sy heup beseer het, maar sal in Soweto uitdraf.

Te oordeel aan hoe die span gister met groot oorgawe geoefen het, gaan daar weer sowat 14 veranderinge aan die beginspan wees, met Dippenaar of Van der Westhuyzen wat die beste kans het om weer vir die Bulls uit te draf.

Die Bulls oefen vandag die eerste en enigste keer in die Orlando-stadion.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24 

Lees meer oor: bulls  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
40 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

didi.basson sê... Ek het gedink die goeie nuus vir die Bulls is dat hulle hoef nie in pienk te speel nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-21°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Quite Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 12-24°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2003
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.