Super Rugby

Bakkies dink net aan wen

2011-06-16 07:19
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria

“Dit voel soos gister toe ek in daardie eerste rugbywedstryd vir die Bulls teen die Hurricanes hier op Loftus uitgedraf het.

“Ek kan byna nie glo dis dié naweek 100 nie. Net soos toe, sal ek weer my beste vir die Bulls gee.”

Aan die woord is Bakkies Botha, wat Saterdag hier teen die Sharks die vyfde Bulls-speler word wat in 100 wedstryde vir dié span speel.

“ ’n Mens weet nooit wanneer dit jou laaste wedstryd is nie. Ons het al vanjaar in die Super Rugby-reeks gesien hoe beserings ouens se planne kan ontwrig. Ek glo dit is deur die genade van Bo dat ek hier uitgekom het. Ek dink dit was die regte besluit om nie Saterdag teen die Stormers te speel nie, want my knie was nie lekker nie. Dit beteken dat ek my 100ste wedstryd voor my tuisskare kan speel,” sê Botha.

“Ek is bly om dit saam met Victor Matfield en Fourie du Preez te deel, want hulle speel van die begin af saam met my en was self al daar.”

Botha wys daarop dat dié mylpaal slegs gevier kan word as die Bulls ’n oortuigende oorwinning behaal. “Nie ek of die span sal hierdeur meegevoer word nie. Ons het ’n groot taak om te verrig en dis om ’n goeie Sharks-span te klop.”

Botha is tevrede met sy spelpeil en is veral trots op die feit dat hy nog nie vanjaar enige geel- of rooikaarte gekry het nie – iets wat voorheen gereeld gebeur het.

“Ek doen my bes om die slegte gewoontes uit my spel te hou. Ek is eintlik ’n rustige mens van die veld af, maar tussen die vier lyne glo ek om die spel met toewyding te speel. Ons het nie talente gekry om net 95% daarvan te gebruik nie,” sê Botha.

 - Die Blou Bulle-Maatskappy het bekend gemaak dat sowat 1 000 kaartjies weer beskikbaar is. Dit sal vandag van 08:00 af by die kaartjieskantoor by Loftus Versfeld te koop wees.

Die maatskappy het ook bevestig dat Francois Hougaard se kontrak eers in Oktober 2012 verval en dat enige bespiegeling dat hy vir ’n ander unie gaan speel, onwaar is.

Lees meer oor: bakkies botha  |  bulls

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... LMGA...wel geseg ou maat....! goeie een... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.