Super Rugby

Andries Bekker nie ge-Kaap

2011-02-04 08:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Butch James het vandeesweek met ’n straler in Johannesburg aangekom, maar die Goue Leeus Rugbyunie se diep sakke kon Andries Bekker nie oorreed om ook sy gewig en lengte by die Lions in te gooi nie.

Dié Springbok-slot het vandeesweek aan Sport24 gesê dat hy onlangs sy kontrak met die Westelike Provinsie tot einde volgende jaar verleng het.

Dit het gevolg op hardnekkige gerugte sedert verlede jaar dat hy op die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se inkopielys was.

“Nuweland is my plek. Dit was lekker om Vrydagaand van die veld af te kom en applous van die mense te kry,” het Bekker gesê.
“Dis lekker om terug te wees en ek dink nie ek sal ooit van Nuweland af skuif nie.”

Wat van die gerugte oor die Leeus se belangstelling in hom? “Die aanbiedinge was daar, maar die Kaap is maar my plek. Ek het weer tot einde volgende jaar geteken en gaan nie sommer êrens heen nie.”

Bekker het Vrydagaand ’n suksesvolle terugkeer gemaak in die Stormers se sege van 15-0 oor die span van die Lions in ’n voorseisoense vriendskaplike wedstryd in die Neo Africa-reeks.

Hy het hom verlede jaar met puik spelpeil as een van die voorste slotte ter wêreld gevestig, en daar was selfs sprake dat hy Victor Matfield in die Springbok-span kon vervang.

Bekker het egter ’n rugoperasie ondergaan en die wedstryd teen die Lions was vir hom ’n eerste, tentatiewe tree terug na groot rugby.

Hy lei die Stormers Saterdag in Schalk Burger en Jean de Villiers se afwesigheid in die vriendskaplike wedstryd teen die Sharks op Nuweland.

Met Anton van Zyl wat vroeg verlede week sy skouer in ’n oefening beseer het, is Bekker se fiksheid en teenwoordigheid sommer van die begin van die seisoen af van groot belang vir die Stormers.

Die groot vraag is natuurlik hoe lank dit hom gaan neem om weer daardie fenomenale atleet te word wat verlede jaar in Nieu-Seeland selfs met die All Blackslotlegende Colin Meads vergelyk is.

Bekker se doelwitte is vir eers beskeie.

“Ek wil my eerstens weer in die span vestig.

“Anton het verlede jaar ’n uitstekende seisoen gehad, dus is my eerste doelwit om die nr. 5-trui weer myne te maak,” het die Kaapse reus gesê.

“Dan hoop ek weer op ’n seisoen soos verlede jaar.

“Elke ou moet maar sy kans afwag vir die Bok-trui.

“Victor het al oor die honderd toetse gespeel en is steeds die beste ter wêreld, so ek moet maar vir my kans wag. Ek is nog jonk genoeg.”

Intussen het die Springbok-senter Jean de Villiers ook aangedui dat hy graag by die WP wil bly, eerder as om ná vanjaar se Wêreldbeker-toernooi oorsee te gaan speel.

“Ja, beslis. Ek is besig met onderhandelinge,” het De Villiers gesê toe hy gevra is of hy dit oorweeg om ná vanjaar nog in die Kaap te bly.

De Villiers twyfel of daar einde vanjaar ’n groot uittog van topspelers uit Suid-Afrika sal wees.

“Ek dink die mense dink baie meer spelers sal oorsee gaan as wat regtig gaan gebeur.

“As die WP my wil hê, sal ek beslis bly.

“Dis my eerste opsie,” het hy gesê.

“Al die ouens geniet dit hier en wil by die WP bly om deel van hierdie handelsmerk te wees.

“Ons het as spelers al onderling gesels en wil almal graag deel daarvan wees.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... LMGA...wel geseg ou maat....! goeie een... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.