Alwyn aanwins vir Lions-toer
2011-05-11 09:32
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - ’n Verdere beseringsterugslag vir die Lions se rugbyspan beteken dat die veelsydige agterspeler Alwyn Hollenbach se teenwoordigheid in Australasië van kardinale belang is.
Jannie Boshoff is nader getrek om die Lions-heelagter Michael Killian in die toergroep te vervang nadat Killian ’n skeur in sy een dyspier in die nederlaag teen die Cheetahs opgedoen het.
Killian het nie saam met die Lions na Canberra, waar hulle Saterdag teen die Brumbies speel, gereis nie.
Met Killian uit, is die 20-jarige Jaco Taute die enigste ander heelagter in die groep.
Hollenbach is vanjaar met groot welslae in die Vodacombeker-reeks as binnesenter vir die Goue Leeus ingespan.
Hy het enkele jare gelede sy stempel as heelagter vir die Vrystaat-Cheetahs afgedruk voordat ’n ernstige besering in 2007 se Curriebeker-eindstryd – téén die Leeus – sy opgang ’n knou toegedien het.
Hy het 41 wedstryde vir die Vrystaat gespeel voordat hy hom in 2009 by die Leeus aangesluit het.
Sedert sy koms het hy, deels weens verdere beserings, nog nie die Lions se Super Rugby-beginspan gehaal nie.
Die kans is goed dat Hollenbach op die toer weer as heelagter kan uitdraf om die druk op die opwindende Taute te verlig.
Taute moet hom ná die Lions-toer by die Suid-Afrikaanse o.20-span vir die o.20-Wêreldtoernooi in Italië aansluit.
Tog kan Hollenbach ook as senter benodig word, want die Lions-kaptein en binnesenter, Doppies la Grange, moes ná Vrydag se nederlaag teen die Cheetahs ook vir ’n skandering (elmboog) gaan.
Hy behoort betyds gereed te wees om teen die Brumbies te speel.
Die Lions moet reeds op die toer sonder die senter Waylon Murray (enkelbesering) klaarkom.
Benewens La Grange en Hollenbach, is Dylan des Fountain en Boshoff die ander senters in die toergroep.
Dan kan Deon van Rensburg (vleuel), Butch James (losskakel) en Burton Francis (losskakel) ook senter speel.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24