Super Rugby

Alle oë op Mitchell se Lions

2011-01-28 10:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

ohn Mitchell het as afrigter van die Leeus in die Curriebeker-reeks min tyd nodig gehad om van dié rugbyspan ’n veel sterker eenheid te maak.

Nou, ná drie maande se kragwerk, fiksheidsoefeninge en algemene kondisionering sedert die Curriebeker-reeks, tree Mitchell se Lions-streekspan van 2011 die eerste keer vanjaar op die speelveld aan.

Daar heers groot opgewondenheid onder die span se ondersteuners wat wil sien wat die breier in dié drie maande met die spelers kon uitrig.

Die Lions en die Stormers meet vanaand om 19:00 hier op Nuweland in die Neo Africa-reeks kragte.

Mitchell sê wel dat dié wedstryd slegs daaroor gaan om die spelers se wedstryd-gereedheid en fiksheid te toets en dat die uitslag onbelangrik is.

Verskeie kombinasies gaan onder die loep kom, aangesien daar verskeie nuwe gesigte in die Lions-groep is.

So sal daar byvoorbeeld met belangstelling na die Lions se voorry gekyk word.

Die vertrek van Heinke van der Merwe na Ierland en die onsuksesvolle poging om Beast Mtawarira na die Goudstad te lok, beteken dat die Lions deeglik moet besin oor wie hul voorste stutte vir die Super Rugby-reeks gaan wees.

“Ons het wel vir Pat Cilliers van die Sharks gekry en Kevin Buys is weer gereed om te speel nadat hy in die Curriebeker-reeks beseer is,” het Mitchell gesê. “En dan is daar JC Janse van Rensburg.”

Janse van Rensburg (25) speel al van 2006 af vir die Leeus en het baie ervaring vir sy ouderdom. Hy het verlede jaar baie verbeter en Mitchell verwag ’n groot seisoen van dié loskopstut. “JC is nog jonk. Maar ek dink hy het die potensiaal om eindelik toetsrugby te speel. Die verandering in sy fisieke toestand oor die afgelope 12 maande was ongelooflik,” sê sy afrigter.

Die Lions het ook nog Ross Geldenhuys, Jacobie Adriaanse en Wayne Swart wat stut kan speel. Janse van Rensburg en Buys is in die beginspan teen die Stormers. Die Kapenaars het verras deur die 18-jarige stut, Steven Kitshoff, in hul groep te kies.

Die Stormers se spankeuse skeel Mitchell egter min, aangesien dié Nieu-Seelander net in sy span se vertoning belangstel.

“Hoe oud is hy? Losskakel? O, stut,” was Mitchell se reaksie toe hy gevra is wat hy van die Stormers se insluiting van so ’n jong voorryman dink.

“Wel, hy moet baie goed wees as hulle hom kies,” het hy bygevoeg.

Wat Mitchell se beginspan betref, het hy, soos verwag, besluit om met Rory Kockott en die veteraan André Pretorius as skakelpaar te begin.

Die Springbok-losskakel Elton Jantjies gaan eers in watte toegedraai word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24


Lees meer oor: lions  |  super rugby  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Tony sê... @roelf.campher en CarlikBait Ten minste het my Stormers nog nooit verloor teen die Kings soos 'n sekere ander span nie!!!!!!!!!!! Goodbye you 2 are the weakest links. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.