All Black-slot in 100ste stryd vir Crusaders
2011-03-09 11:26
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Nelson - Die slot Chris Jack sal Vrydag in sy 100ste wedstryd vir die Crusaders uitdraf in die Super Rugby-wedstryd teen die Brumbies op Trafalgar Park in Nelson.
Jack vervang die All Black Brad Thorn as een van slegs twee veranderinge aan die span wat die Waratahs laas Vrydag met 33-18 geklop het.
Die voormalige All Black het in 2010 na Nieu-Seeland teruggekeer nadat hy ook vir die Saracens en Westelike Provinsie gespeel het.
Hy sluit hom aan by slegs ses spelers, Richie McCaw, Caleb Ralph, Leon MacDonald, Greg Sommerville, Reuben Thorne en Justin Marshall, wat dié mylpaal in 'n Crusader-trui kon behaal.
So lyk die span:
15. Israel Dagg, 14. Sean Maitland, 13. Robbie Fruean, 12. Sonny Bill Williams, 11. Adam Whitelock, 10. Daniel Carter, 9. Andy Ellis, 8. Kieran Read (kaptein), 7. Matt Todd, 6. George Whitelock, 5. Sam Whitelock, 4. Chris Jack, 3. Ben Franks, 2. Corey Flynn, 1. Wyatt Crockett
Plaasvervangers: 16. Quentin MacDonald, 17. Owen Franks, 18. Brad Thorn, 19. Jonathan Poff, 20. Willi Heinz, 21. Matt Berquist, 22. Tom Marshall
Afskop Vrydag is 08:35.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24