All Black-heelagter op vleuel teen Blues
2013-02-27 07:36
In-diepte Verslae
Die All Black-ster Israel Dagg is in die beginspan gekies vir die Crusaders se Kiwi-derby teen die Chiefs in Hamilton.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Christchurch – Die All Black-heelagter Israel Dagg, wat in die voorseisoen in die senter-posisie gespeel het, sal op vleuel vir die Crusaders in Vrydag se Super-rugbystryd teen die Blues uitdraf.
Die Crusaders, wat tot Julie sonder hul kaptein, Richie McCaw is, het sewe All Blacks in die beginspan en al vier Whitelock-broers in die 22-tal gekies.
Intussen het die Blues-vleuel Rene Ranger 'n kontrak met die Franse klubspan Montpellier onderteken. Ranger, wat in drie toetse vir die All Blacks uitgedraf het, sal aan die einde van die Super-seisoen by die span aansluit.
Afskoptyd Vrydag op Edenpark is om 08:30.
So lyk die span:
Tom Taylor, Adam Whitelock, Robbie Fruean, Ryan Crotty, Israel Dagg, Dan Carter, Andy Ellis, Kieran Read (kaptein), Matt Todd, George Whitelock, Sam Whitelock, Luke Romano, Owen Franks, Corey Flynn, Wyatt Crockett. Subs: Ben Funnell, Joe Moody, Dominic Bird, Luke Whitelock, Willi Heinz, Tyler Bleyendaal, Tom Marshall.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24