Alberts terug vir Sharks
2011-06-23 13:02
In-diepte Verslae
Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Nelson - Die Sharks het slegs een verandering gemaak aan hul span wat Saterdag in Nelson teen die sewemalige kampioene die Crusaders uitdraf vir 'n plek in die Super Rugby-halfeindrondes.
Willem Alberts vervang Ryan Kankowski op agsteman en op die plaasvervangersbank maak Wiehahn Herbst en Marcell Coetzee plek vir Eugene van Staden en Jacques Botes.
Afskoptyd Saterdag in Nelson is 09:35.
Sharks:
15. Patrick Lambie, 14. JP Pietersen, 13. Stefan Terblanche (kaptein), 12. Meyer Bosman, 11. Lwazi Mvovo, 10. Frederic Michalak, 9. Charl McLeod, 8. Willem Alberts, 7. Jean Deysel, 6. Keegan Daniel, 5. Alistair Hargreaves, 4. Gerhard Mostert, 3. Jannie du Plessis, 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16. John Smit, 17. Eugene van Staden, 18. Ross Skeate, 19. Ryan Kankowski, 20. Jacques Botes, 21. Adrian Jacobs, 22. Louis Ludik
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24