Super Rugby

Alberts nie bang vir uitdaging

2010-04-14 10:12
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Lions sal ’n groot fout begaan as hulle hom Saterdag wil uitsonder vir spesiale aandag, sê die Sharks se Willem Alberts.

“As hulle op my wil fokus, moet hulle net onthou daar is 14 ander ouens wat die skade kan aanrig,” sê dié stewige losvoorspeler oor sy terugkeer na die Leeukuil.

Dit is die eerste keer wat Alberts weer hier in aksie gaan wees ná sy omstrede skuif na Durban. Sy besluit om die Goudstad vir dié vakansiestad te verruil, het ’n kwaai kontraktuele toutrekkery tussen die Lions en Sharks veroorsaak, wat selfs in die hof gedraai het.

“Ek geniet my rugby nou baie by die Sharks en dit is lekker om weer aan die wenkant te wees,” het Alberts gister gesê.

“Ja,” erken hy, “dit was aanvanklik ’n aanpassing, maar ek is nou gevestig en pas goed hier in. Dit was nogal iets om vertroud te raak met die nuwe wedstrydplan wat by die Sharks geld, maar dit was bloot ’n kwessie van tyd voordat dit sou gebeur.

“Wat veral hier uitstaan, is die professionaliteit wat deel is van die hele opset. Dit is werklik ’n voorreg om deel te wees van ’n unie soos hierdie.”

In die eerste paar Super14-wedstryde was Alberts aan die stil kant, maar die laaste paar kragmetings was hy al hoe meer prominent en kom hy meer tot sy reg.

Hy geniet ook die Sharks-leefwyse, hoewel dié oud-leerling van die Hoërskool Monument in Krugersdorp erken die kwaai hitte en humiditeit kry hom nog soms onder.

Het hy nie met die Sharks se swak begin tot die seisoen soms gewonder of hy nie dalk ’n fout gemaak het met sy skuif nie?

“Glad nie, want ’n goeie span word nie sommer oornag ’n swak span nie en ons het geweet die draaipunt moes een of ander tyd kom.”

Om weer in die Leeukuil in aksie te wees, waar hy soveel puik vertonings vir die Leeus gelewer het, is iets waarna hy baie uitsien.

“Dit bly vir my ’n spesiale veld om op te speel en om daar uit te draf, haal die beste uit my,” sê Alberts, wat met Ryan Kankowski se besering in sy gunsteling-posisie, as agtsteman, sal diens doen.

Al gaan Alberts se voormalige spanmaats probeer om sy neus goed in die grond te vryf, is hy reg vir die uitdaging.

Want hoe harder dit raak, hoe meer is hy in sy element

-Sport24

Lees meer oor: lions  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... LMGA...wel geseg ou maat....! goeie een... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Senior Java Developer

Cape Town N Suburbs
Hire Resolve
R35000 - R45000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.