Super Rugby

‘Afronding’ in Sydney Lions se wagwoord

2010-03-12 09:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Plumtree kies Michalak op skrumskakel
Plumtree kies Michalak op skrumskakel

Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Pieter Jordaan

Johannesburg - Die Lions se Super14-rugbyspan wil vandag doen wat die Sharks verlede week moes gedoen het.

Die Waratahs speel gasheer vir die Lions in Sydney – dieselfde stad waar die Waratahs die skeidsregter Paul Marks verlede week deels moes bedank vir ’n naelskraapse sege oor die Sharks.

Was dit nie daarvoor nie, het die Waratahs teen ’n derde Suid-Afrikaanse teenstander in 2010 verloor nadat hulle op hul Suid-Afrikaanse toer teen die Stormers in Kaapstad en die Bulls op Loftus vasgeval het.

Dié derde Suid-Afrikaanse Super14-oorwinning kan vandag aan die opwindende Lions­-span behoort as die Waratahs hul vertoning teen die Sharks herhaal.

Die Lions sal ’n veel meer afgeronde vertoning moet lewer om ná vier nederlae te wen.

Samespel was ’n probleem teen die Stormers, verdediging het hulle teen die Chiefs en die Hurri­canes gekniehalter en verlede week teen die Brumbies was dissipline die probleem.

In elke wedstryd het die Lions­ in minstens een afdeling van hul spel verbeter, maar dan weer in ’n ander afdeling drooggemaak.

Hoewel die Waratahs én die Lions­ hulle op die aanval wil laat geld, is die kans goed dat die stryd voorlangs beslis sal word.

Byna die ganse Waratahs-beginspan is toetsspelers en onder die agttal is dit net die slot Kane Doug­las en flank Dave Dennis wat nog nie ’n spul toetswedstryde op hul kerfstok het nie.

Maar die Lions se lostrio staan in elke wedstryd nog hul man en Todd Clever, Derick Minnie en Cobus Grobbelaar sal nie vir Phil Waugh-hulle terug­deins nie.

Die Lions-lynstaan was goed teen die Brumbies en daar is hoop dat die skrums sal verbeter noudat die Springbok-stut Heinke van der Merwe, Hannes Franklin en Ross Geldenhuys terug in die voorry is.

Die Lions se vierde en vyfde wedstryde op toer is teen die Cru­saders en die Highlanders. Vandag is dus straks hul beste kans om ’n toersege in 2010 se reeks te behaal.

Die spanne is:

Waratahs: Sosene Anesi, Lachlan Turner, Tom Carter, Berrick Barnes, Drew Mitchell, Daniel Halangahu, Luke Burgess, Wycliff Palu, Phil Waugh (k), Dave Dennis, Kane Douglas, Dean Mumm, Al Baxter, Tatafu Polota-Nau, Benn Robinson. PLAASVERVANGERS: Daniel Kirkpatrick, Sekope Kepu, Will Caldwell, Ben Mowen, Josh Holmes, Kurtley Beale, Rob Horne.

Lions: Earl Rose, Tonderai Chavhanga, Walter Venter, Doppies la Grange, Wandile Mjekevu, Carlos Spencer, JP Joubert, Todd Clever, Derick Minnie, Cobus Grobbelaar (k), Willem Stoltz, Franco van der Merwe, Ross Geldenhuys, Hannes Franklin, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Charles Emslie, JC Janse van Rensburg, Jacques Lombard, Robert Kruger, Jano Vermaak, Burton Francis, Wigan Pekeur.

- Sport24

Lees meer oor: waratahs  |  lions  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

ardugpc sê... Regstelling, Woensdag was die tweede dag van toets/oefensessie. Wat ons ook nie moet vergeet nie is dat Rubens Barrichello verlede jaar 'n paar keer op no 1 plek gestaan het met die oefensessies, maar met nie veel sukses in die seisoen nie. 'n Mens kan 'n gevoel kry van hoe die karre se betroubaarheid is, maar hier word ongelukkig geen punte toegeken nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.