Super Rugby

Adi in Kaap ná Sharks hom pos

2011-11-23 08:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Highlanders te sterk vir Blues
Highlanders te sterk vir Blues

Die Highlanders moes 'n laat terugvegpoging deur die Blues afweer om die Super-rugbykragmeting op Eden Park in Auckland te wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad. – Burton Francis oefen saam met die Stormers om hulle van sy deugde te oortuig en Adrian Jacobs sal self nie omgee om aanstaande jaar vir dié Kaapse rugbyspan te speel nie.

Francis se agent, Anthony Johnson, het Dinsdag aan Sport24 bevestig dat die belowende losskakel nie by die Lions sal aanbly nie.

“Burton veg om ’n plek in die Stormers se groep. Hy is tans deel van hul vergrote oefengroep,” het Johnson gesê.

Intussen het Jacobs se verbintenis van ’n dekade met Sharks-rugby tot ’n einde gekom.

Jacobs is nie vir die komende seisoen ’n kontrak aangebied nie. Hy was Dinsdag op pad Kaap toe en het gesê dat hy ’n geleentheid by Stormers sal oorweeg indien dit hom voordoen.

“Die Kaap is my huis en ek sal nie sommer nee kan sê as die Stormers in my belang stel nie,” het Jacobs gesê.

“Ek het met die Boland gepraat, maar nog nie weer van hulle gehoor nie.”

Jacobs (31) se prioriteit is egter vir eers om tyd met sy gesin deur te bring. Hy het ’n dogter van 11 en ’n seun van 7.

Met Jaque Fourie saam met Peter Grant in Japan, behoort Jean de Villiers en Juan de Jongh die nuwe seisoen as die Stormers se senterpaar te begin.

Francis en Jacobs kan nuttig wees om diepte te verskaf omdat daar onsekerheid is oor presies wanneer Fourie en Grant gaan terugkeer. Die seisoen in Japan strek tot in Maart.

Jacobs het sy buiging vir die Durbaniete in 2001 gemaak en uiteindelik ook 28 keer vir die Springbokke uitgedraf.

Hy was die afgelope twee seisoene gefrustreerd omdat hy meestal op die plaasvervangersbank gekies is.

Die afgelope seisoen is Stefan Terblanche, Meyer Bosman en Marius Joubert bo hom verkies, hoewel hy die kere dat hy wel as plaasvervanger gespeel het, dikwels die slaankrag verleen het wat andersins afwesig was.

Die vier senters in die Sharks se Super Rugby-oefengroep vir die nuwe seisoen is Bosman, Joubert, die oud-Kapenaar Tim Whitehead en Paul Jordaan, wat goeie spel vir die Haaie se o.21-span gelewer het.

Indien die Stormers in Francis se dienste belang stel, sal hy met ander aanspraakmakers soos Gary van Aswegen, Demetri Catrakilis, Kurt Coleman en Elgar Watts vir die nr.10-trui meeding.

Grant was die afgelope seisoen die Stormers se eerste keuse op losskakel nadat hy van sy verpligtinge by die Kobelco Steelers in Japan teruggekeer het.

Van Aswegen het baie belofte getoon, maar is op kritieke tye deur beserings geteister. Die Stormers moes ook noodgedwonge vir Lionel Cronjé en Coleman inspan. Die nood het op ’n tydstip tot só ’n mate gedruk dat die skrumskakel Dewaldt Duvenage sy lyf nr.10 moes hou.

Intussen is daar verskeie jong spelers in die Sharks se oefengroep.

Een van hulle is die slot Pieter-Steph du Toit, ’n voormalige Bolander wat die afgelope seisoen die Haaie se o.19-speler van die jaar was.

Hy het só in die junior geledere beïndruk dat hy dadelik by die hardebaarde betrek is.

Die voormalige Suid-Afrikaanse sewesspeler Tera Mtembu is een van die losvoorspelers in die groep.

Die belowende skrumskakel Cobus Reinach, asook die heelagter Gouws Prinsloo, oefen ook saam met die Sharks.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: adi jacobs  |  sharks  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Corrie sê... LMGA...wel geseg ou maat....! goeie een... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

Z4 sDRIVE20i AT
2012
R 499,500.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

OPEL

Corsa 1.4 Sport Utility MY04 PU
2009
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.