Zuma praat sokker
2009-09-18 15:32
Johannesburg- President Jacob Zuma, ondersteun Bafana Bafana se oefenroetine en hy sal ook graag vir Benni McCarthy terug in die span wil sien.
Tydens ‘n onderhoud met SuperSport by die “Friends of the President”-gholfdag in Johannesburg het Zuma gesê dat Suid-Afrika se sokkerspan heelwat verbetering toon.
“Volgens my maak ons dit erger as wat dit regtig is. Bafana Bafana het verseker oor die laaste ruk drasties verbeter. Hulle speel ‘n goeie spel en kan sterk spanne nogal terughou. Ek dink hulle speel goed,” het Zuma gesê.
Hy het ook erken dat hy min tyd kry om gholf te speel maar dat hy gereeld sport kyk wanneer hy die kans kry.
“Die doelskietery het dalk bietjie aandag nodig maar die res is als daar.” Hy het ook bygevoeg dat die span beslis McCarthy se vaardighede en invloed nodig het.
–Sapa