Zim skors 80 sokkerspelers
2012-02-01 13:42
Johannesburg – Die Zimbabwiese sokkervereniging (Zifa) het 80 spelers, insluitende die grootste groep van die nasionale span, geskors oor 'n wedstrydknoeiery-skandaal waarby sindikate in Asië betrokke is, het RSG Woensdag berig.
Zifa het 'n onafhanklike komitee saamgestel om ondersoek na die bewerings in te stel.
Dit het glo gebeur in wedstryde wat vyf jaar gelede in Maleisië, Viëtnam en Thailand gespeel is.
Spelers wat genoem word, sal nie gekies kan word vir die land se nasionale span nie.
Dit is 'n groot terugslag vir Zimbabwiese sokker, omdat die kwalifiserende wedstryde vir volgende jaar se Afrikabeker dié maand begin met Zimbabwe wat op die 29ste Februarie teen Burundi speel.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– RSG