Walliese sokkerbreier dood gevind
2011-11-27 14:59
Kaapstad – Die afrigter van Wallis se nasionale sokkerspan, Gary Speed, is Sondagogend dood in sy huis in Chester gevind.
Speed het as middelveldspeler vir die Engelse premierliga-spanne Leeds, Everton, Newcastle en Bolton gespeel.
Volgens die polisie het die 42-jarige homself in sy huis opgehang.
Die Walliese sokkervereniging het sy dood Sondag in 'n verklaring bevestig nadat hulle toestemming van Speed se familie gekry het.
Volg Nuus24Sport op Twitter.