FIFA-amptenare praat op video oor omkoopgeld
2011-10-12 13:02
Londen – Die Britse koerant die Telegraph het ‘n video vrygestel waarin die voormalige visepresident van FIFA, Jack Warner, die betaling van omkoopgeld bespreek.
Die beeldmateriaal geneem by die Hyatt-hotel in Trinidad op 11 Maart vanjaar wys hoe Warner omkoopgeld openlik bespreek wat ‘n ander voormalige visepresident van FIFA, Mohammad Bin Hammam, sou betaal.
“As jy vroom is, gaan bou ‘n kerk,” sê Warner aan die teenwoordige amptenare.
Die wêreldbeheerliggaam vir sokker se komitee van etiek het bevind daar is “oorweldigende bewyse” dat Bin Hammam en Warner saamgesweer het om omkoopgeld aan Karibiese amptenare betaal het.
Beide Bin Hammam en Warner het die aantygings ontken.
– Kyk hier na die video.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.