United seëvier; ander bra bekaf

2011-08-15 07:27
Tweets Share Share line Print

Londen. – Ná die eerste naweek van die nuwe Engelse sokkerseisoen is daar nie juis baie om oor huis toe te skryf nie.

Dit is nou tensy jy ’n ondersteuner van die verdedigende kampioen, Manchester United, is. United het West Brom met 2-1 geklop.

Wayne Rooney het die eerste doel van die wedstryd aangeteken, maar West Brom het sake gelyk gemaak toe Shane Long die agterkant van die net gevind het ná ’n reuse-blaps deur die United-doelwagter, David de Gea.

’n Eie doel deur Steven Reid het egter die sege vir United beklink.

Dit was grotendeels ’n frustrerende tyd vir die ander titel-aanspraakmakers.

Chelsea se poging om sy nuwe afrigter, Andre Villas-Boas, ’n sege in sy eerste wedstryd te gee, was nie geslaagd nie weens ongelooflike werk in die ­doelhok deur Stoke City se doelwagter, Asmir Begovic.

Ná ’n stil eerste helfte het die Blues met meer vuur gespeel en die doelskieter Fernando Torres was die skepper van die meeste van die aanvallende bewegings. Torres het die eerste keer weer met selfvertroue gespeel en herinner aan die speler wat hy was toe hy nog ’n faktor by Liverpool was.

Liverpool en Arsenal het ook hul seisoen met teleurstellende gelykop-uitslae begin.

Nóg Cesc Fabregas nóg Samir Nasri was in Arsenal se groep. Die Gunners en Newcastle United het ook die louere in ’n doellose wedstryd gedeel.

Met Fabregas skynbaar op pad na Barcelona en Nasri, wat nie gekies is nie oor die gerugte oor sy aansluiting by Manchester City, was dit ’n maar ’n yl Gunners-aanval. Met drie minute oor het Theo Walcott amper die wendoel aangeteken, maar sy poging was nie goed genoeg nie.

Op sy beurt het Liverpool ’n voorsprong teen Sunderland geneem danksy ’n strafdoel deur Luis Suarez.

Dié Uruguay-doelskieter het egter ook ’n strafskop gemis, waarna Sebastian Larsson in die 57ste minuut die gelykmakende doel aangeteken het.

“As ek terugkyk na die wedstryd sal ek sê ’n gelykop-uitslag vertel die hele storie,” het Liverpool se afrigter, Kenny Dalglish, gesê.

Queens Park Rangers het in sy eerste wedstryd terug in die Premierliga ná ’n afwesigheid van 15 jaar met 0-4 teen Bolton verloor.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: manchester united  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... Nee Wynand...Renoir weet mos wat hom altyd amuseer...so hy is die expert van grappies in sy broek sien...hy praat van ondervinding ....LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.