United nie spyt oor verlies van Beckham
2010-02-03 01:44
Manchester- Alex Ferguson, die bestuurder van Manchester United het gesê hy is steeds nie spyt nadat hy sewe jaar terug vir David Beckham verkoop het nie, ongeag die voormalige Engelse kaptein se groeiende sukses.
Ferguson, wat die middelveldspeler aan Real Madrid verkoop het, het gesê hy is net bekommerd oor hoe sy span teenoor die media gaan reageer, wat vanselfsprekend Beckham gaan vergesel wanneer hy vir die eerste keer die maand teen United speel.
Beckham is deur sy span, The Los Angeles Galaxy aan AC Milan geleen vir die wedstryd.
Milan speel op 16 Februarie en 10 Maart in die Kampioenliga-sokkertoenooi teen United.
"Ander spelers het al in die verlede na United teruggekeer,” het Ferguson gesê, maar het aan die klub se tydskrif gesê dat Beckham se gewildheid beteken “ons het nie regtig iemand na dié klub sien terugkeer nie”.
-Sapa-AP