Tshabalala kaptein teen Tanzanië
2011-05-09 15:30
Johannesburg - Bafana Bafana se afrigter Pitso Mosimane het besluit om plaaslike spelers 'n speelkans te gee in die vriendskaplike wedstryd Saterdag teen Tanzanië.
Dit is die Suid-Afrikaners se laaste kragmeting voordat hulle op 4 Junie teen Egipte in 'n kwalifiseringswedstryd vir volgende jaar se Afrikabeker uitdraf.
Die span vertrek Donderdag na Tanzanië en die afskoptyd is Saterdag om 18:00.
So lyk die groep:
Doelwagters: Itumeleng Khune, Wayne Sandilands.
Verdedigers: Mzivukile Tom, Prince Hlela, Siyabonga Sangweni, Tefu Mashamaite, Eric Mathoho, Siyanda Xulu, Morgan Gould, Siyabonga Zwane.
Middelveldspelers: Hlompho Kekana, Thanduyise Khuboni, Thabo Matlaba, Erwin Isaacs, Sifiso Myeni, Thandani Ntshumayelo, Siphiwe Tshabalala (kaptein), Reneilwe Letsholonane.
Doelskieters: Katlego Mphela, Vuyisile Wana, Lehlohonolo Majoro. Bernard Parker
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24