Tottenham: 'Goeie kans' dat Beckham kom
2011-01-07 17:15
Londen - Daar is ‘n goeie kans dat David Beckham teen die naweek reeds by Tottenham sal aansluit, het die Engelse sokkerklub Vrydag gesê.
Volgens Spurs-bestuurder Harry Redknapp is Tottenham en Los Angeles Galaxy, die Amerikaanse klub vir wie Beckham tans speel, besig om te onderhandel om Beckham aan die Engelse klub uit te leen vir die FA Cup-seisoen.
Beckham kan moontlik al teen Sondag by Tottenham se FA Cup-wedstryd teenwoordig wees.
Die voormalige Engelse kaptein se eerste wedstryd vir die Noord-Londen-klub sal egter eers moontlik teen Manchester United op 16 Januarie wees.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
- AP