Tom uit Bafana Bafana-groep
2011-03-17 22:00
Johannesburg - Die Bafana Bafana-sokkerspeler Mzivukile Tom is uit Bafana Bafana se groep gelaat vir hul opkomende kwalifiserende wedstryd vir die 2012 Afrika-Nasiesbekertoernooi teen Egipte op Ellis Park.
Tom ly aan ‘n liesbesering en is uit die groep vrygestel nadat hy Donderdagoggend ‘n skandering ondergaan het, kort voor die span se vertrek na Rustenburg, waar hulle vir die wedstryd sal voorberei.
Dié verdediger van Golden Arrows word vervang deur Prince Hlela van Bloemfontein Celtic.
Die afrigter van Bafana Bafana, Pitso Mosimane, het nog drie spelers vrygestel – Siyanda Xulu, George Maluleke en Eric Mathoho, wat almal by die nasionale onder 23-span aansluit.
Hulle speel eersdaags ‘n kwalifiserende wedstryd vir die 2012 Olimpiese Spele teen Libië.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA