Terry sal terugveg
2010-02-06 23:48
Londen – Die sokkerspeler, John Terry wil nou terugveg nadat hy Vrydag afgedank is as kaptein van die Engelse sokkerspan weens ‘n beweerde buite-egtelike verhouding.
Terry moes ‘n duur prys betaal na gerugte dat hy ‘n stomende verhouding met die Franse onderkleremodel, Vanessa Perroncel, gehad het.
Dit het die nasionale spanbestuurder, Fabio Capello, glo slegs twaalf minute geneem om Terry in kennis te stel dat hy nie meer as kaptein van die Engelse sokkerspan sal uitdraf nie.
“Ek is platgeslaan, maar ek sal terugveg,” het Terry glo aan The Sun gesê.
Lees meer hier.