Steven kan tog vir Bafana uitdraf

2011-09-28 08:17
Tweets Share Share line Print

Steven Pienaar is nie gister in Bafana Bafana se groep ingesluit nie, maar die Suid-Afrikaanse sokkerkaptein kan steeds in die beslissende kwalifiserende wedstryd vir die Afrikabeker-toernooi betrek word.

Sy moontlike terugkeer vir Tottenham Hotspur kan bepaal of hy op 8 Oktober in Nelspruit vir Bafana teen Sierra Leone ingespan gaan word.

As Egipte Niger klop, benodig Suid-Afrika net ’n gelykop-uitslag om sy plek in aanstaande jaar se Afrikabeker-toernooi te bespreek.

Pienaar was lank laas in aksie en die Suid-Afrikaanse afrigter, Pitso Mosimane, sal mooi moet be­sin.

Pienaar het aan die begin van die Engelse seisoen ’n liesoperasie ondergaan. Hy het albei Suid-Afrika se kwalifiserende wedstryde in die tweede ronde teen Egipte en Niger misgeloop. Hy is intussen in die lig van ’n string beserings gevra om hom gereed te hou.

Mosimane en sy bestuurspan was in verbinding met Pienaar en sal hom weer kontak as hy intussen tot die spel terugkeer. Tottenham speel môre teen Shamrock Rovers en Sondag teen Arsenal.

Die middelveldspeler Reneilwe Letsholonyane van Kaizer Chiefs en Mamelodi Sundowns se skerpskutter Katlego Mphela is ná beserings weer beskikbaar. Letsholonyane is aan die begin van die seisoen beseer, terwyl Mphela die vorige wedstryd teen Niger weens ’n kniebesering misgeloop het.

Die middelveldspeler Lebohang Mokoena en die verdediger van Mamelodi Sundowns Punch Masinamela is weer ingesluit. Die enigste nuweling in die groep is die doelskieter Bradley Grobler, wat deesdae sy klubsokker in Turkye vir Goztepe Izmir speel.

Suid-Afrika is steeds sonder Crystal Palace se Kagisho Dikgacoi, terwyl Tlou Segolela (Orlando Pirates), Teko Modise (Mamelodi Sundowns), Tsepo Masilela (Getafe) en Davide Somma (Leeds United) ook nog van beserings herstel.

Pienaar is oor die afwesigheid van dié handvol beseerdes genader. Siphiwe Tshabalala sal weer as kaptein waarneem as Pienaar nie speel nie.

Mosimane-hulle hou natuurlik ook asem op dat daar nie nog beserings in vandag se Premiersokkerliga opduik nie.

Die breier het weer beklemtoon dat hulle hul laaste groepwedstryd teen elke prys móét wen. Hy meen omdat dit ’n tuiswedstryd is, sal dit nie ’n probleem wees nie. “Ons moet weer met aanvallende spel vorendag kom soos wat ons altyd by die huis doen.
“As ons doen wat ons die afgelope jaar gedoen het, behoort ons die maksimum punte te kry.

“Ons is egter in ’n situasie waar ons van ander afhanklik is om deur te kom.”

Dit blyk Suid-Afrika moenie enige gunste van Egipte verwag nie.

Suid-Afrika het ná sy vyf groepwedstryde een punt minder as Niger se nege punte. Sierra Leone is derde van die vier spanne, ook met agt punte. Egipte, met slegs twee punte, gaan luidens berigte glo sy o.23-span in sy laaste wedstryd teen Niger inspan.

Die Bafana-groep is:

Doelwagters: Itumeleng Khune (Kaizer Chiefs), Wayne Sandilands (Mamelodi Sundowns).
Verdedigers: Happy Jele, Siyabonga Sangweni (albei Orlando Pirates), Morgan Gould (Supersport United), Eric Mathoho (Bloemfontein Celtic), Siboniso Gaxa (Lierse), Bongani Khumalo (Tottenham), Anele Ngcongca (Genk), Punch Masenamela (Mamelodi Sundowns).

Middelveldspelers: Andile Jali, Oupa Manyisa (albei Orlando Pirates), Hlompho Kekana, Lebohang Mokoena (albei Mamelodi Sundowns), Reneilwe Letsholonyane, Siphiwe Tshabalala (albei Kaizer Chiefs), Daylon Claasen (Lierse), Thanduyise Khuboni (Arrows).

Doelskieters: Lehlohonolo Majoro, Bernard Parker (albei Kaizer Chiefs), Bradley Grobler (Goztepe Izmir), Katlego Mphela (Mamelodi Sundowns), Thulani Serero (Ajax Amsterdam)

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... Nee Wynand...Renoir weet mos wat hom altyd amuseer...so hy is die expert van grappies in sy broek sien...hy praat van ondervinding ....LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.