Ster-spelers ding mee om gesogte toekenning
2010-02-18 05:38
Accra - Die Chelsea-spanmaats Didier Drogba en Michael Essien en die Inter Milaan-doelskopper Samuel Eto'o is vir die Afrika-sokkerspeler van die jaar toekenning genomineer.
Algerië, die Ivoorkus en Ghana is genomineer vir die toekenning vir die Afrika nasionale span van die jaar.
Die wenners word op 11 Maart tydens 'n gala-geleentheid in Accra aangekondig.
– Sapa-AP