Spanje steeds wêreld se sokkerkoning
2011-05-18 12:26
Zürich - Die wêreld- en Europese kampioen Spanje is steeds bo-aan die lys van die wêreld se beste sokkerlande ná die sokkerbeheerliggaam Fifa Woensdag 'n onveranderde lys van die toptien sokkerlande uitgereik het.
Spanje het 1 859 punte, met Nederland, wat op 1 702 punte staan, in die tweede plek. Brasilië is derde met 1 425.
Die ander lande op die lys is Duitsland, (1 412), Argentinië (1 267), Engeland (1 163), Uruguay (1 094), Portugal (1 052), Italië (1 019) en Kroasië (991).
- Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa-DPA