Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Spanje breek Portugese harte

2012-06-28 07:31
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Spanje het Woensdagaand 4-2 op strafdoele teen Portugal in die eerste halfeindstryd van die Euro-sokkertoernooi in Donetsk in die Oekraïne gewen.

Die wedstryd het 0-0 geeïndig ná die eerste 90 minute en is toe gevolg deur 30 minute van ekstra tyd.

Cesc Fabregas van Barcelona het die laaste strafdoel vir Spanje aangeteken ná die Portugese hulself in die voet geskiet het deur swak kommunikasie tydens die strafdoele.

Met die tellings gelyk voor die derde strafdoel het Bruno Alves nadergestap om sy strafdoel te neem toe sy spanmaat Nani hom terugstuur sodat hy eerder self een kon neem. Nani het sy strafdoel soos 'n kanonskoot in die net ingeskiet en Sergio Ramos het toe vir die Spanjaarde getref.

Daarna het Alves uiteindelik sy kans gekry, maar mens kon aan sy lyftaal en met al die verwarring van 'n myl af sien dat hy tien teen een nie sy doel sou aanteken nie.

Alves het gemis toe hy die bal teen die lat vasgeskop het.

Ronaldo was oënskynlik veronderstel om Portugal se vyfde strafdoel te neem en sodoende moontlik sy oomblik van glorie op internasionale vlak te geniet, maar met Alves se mis en Fabregas se daaropvolgende-doel het hy nie eers die kans gekry om voor die doelhok aan te tree nie.

Die fantastiese Fábio Coentrão het die Portugese verdediging uitsonderlik gelei en hy kan ongelukkig voel dat 120 minute se harde werk en verdediging ongedaan gemaak is deur swak beplanning.

Ondersteuners van albei spanne was gefrustreerd deur beide spanne se onvermoë om hulle kanse te neem tydens normale speeltyd sowel as ekstra tyd.

Voor die afskop was alle oë op die Portugese kaptein en Real Madrid-superster Ronaldo gerig. Hy is die een speler wat die verskil vir Portugal kon maak en het verskeie kanse gehad, maar het elke keer te hoog of te wyd geskop.

Spanje het verras deur Álvaro Negredo in plaas van Chelsea se Fernando Torres van die begin af te speel. Die taktiek het nie gewerk nie en dit wou voorkom asof Spanje se enigste mikpunt vir die grootste deel van die wedstryd was om die bal te hou. Negredo het feitlik niks van die bal gesien nie en het dus min kans gehad om 'n impak op die wedstryd te hê.

Sake is egter omgeswaai deur drie plaasvervangers: Cesc Fabregas het opgekom vir die oneffektiewe Negredo en Pedro Rodríguez en Jesús Navas is ook ingebring om 'n verskil te maak.

Die drie plaasvervangers moes Portugal lank voor die strafdoele reeds gebêre het, maar kon keer op keer net nie die nodige aangee of doelpoging vermag nie.

Spanje speel eerskomende Sondag in die eindstryd teen die wenner van Donderdagaand se stryd tussen Italië en Duitsland in Warskau.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Nuus24
 

Lees meer oor: cristiano ronaldo  |  euro 2012
VOLGENDE OP NUUS24X

Venus nie by Wimbledon

35 minute gelede

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Irene - 14:33 PM
    Road name: Nellmapius Drive Westbound
    DELAYS at Main Road
  • Wednesday Crown - 14:33 PM
    Road name: Main Reef Road Westbound
    DELAYS between Marshall Street and Church Street
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.