Spanje aangewys as Fifa se span van die jaar
2011-12-21 16:00
Kaapstad – Spanje is aangewys as Fifa se span van die jaar, nadat hy vir die vierde agtereenvolgende jaar bo aan die Fifa-punteleer geëindig het.
Die wêreld- en Europese kampioen is steeds eerste op die jongste puntelys wat Woensdag bekendgemaak is.
Nederland is tweede, met Duitsland derde, Uruguay vierde en Engeland vyfde.
Suid-Afrika het een plek verbeter tot 52 en beweeg stelselmatig weer nader aan die top vyftig. Wallis is die span wat vanjaar die meeste verbeter het. Hy het 64 plekke opgeskuif en eindig die jaar 48ste.
– RSG
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg