Sokkerwêreld sien nét rooi

2010-12-26 13:05
Tweets Share Share line Print

Die Spaanse kaptein, Iker Casillas, met die Wêreldbeker. Foto: Jamie McDonald/Getty Images

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Net meer as ses jaar nadat Sepp Blatter dáái koevert in Zürich oopgemaak het, het die eerste fluitjie van WB2010 op Soccer City geblaas.

Altesaam 64 wedstryde en ’n rekord-lae 145 doele later het wêreldsokker ’n nuwe kampioen gekroon – die agtste in 19 toernooie.

Duitsland, Nederland en Uruguay het elk ’n sterk aanspraak gemaak op dié titel, tog was dit Spanje wat op 11 Julie in die ‘Kalbas’ hul eerste beker-glorie gehad het nadat die manjifieke middelveldspeler Andres Iniesta ’n rateltaai eindstryd teen die fisieke Nederlanders laat in bykomende speeltyd met sy regtervoet beslis het.

Die Spanjaarde het boonop die eerste Europese land tot nóg toe geword om dié trofee buite hul eie vasteland te wen, die eerste om te seëvier nadat hy sy openingswedstryd verloor het – én die span wat die minste doele afgestaan (2) én aangeteken het (8).

Op papier was die vertoning van die Suid-Afrikaners dalk nóg ’n laagtepunt.

En ... tog het Bafana Bafana die nasie verenig soos laas in 1995 met Francois Pienaar se seëvierende Wêreldbeker-Bokke ervaar is.

Carlos Alberto Parreira se span het weliswaar die eerste gasheerland nóg geword om nie die tweede ronde te haal nie, maar dit was so hittete of die Suid-Afrikaners het dié valbyl op uiters dramatiese wyse vrygespring.

Aanhangers sal boonop nog lank praat oor Siphiwe Tshabalala se spogdoel in die openingswedstryd teen Mexiko, maar dit was in Bloemfontein waar Bafana die verbeelding van die ganse sokkerwêreld aangegryp het deur die voormalige wêreldkampioen Frankryk met 2-1 ore aan te sit.

Ghana het Afrika se vlam die helderste laat skyn en was die enigste span van die vasteland om die kwarteindronde te haal, voordat hulle op hartverskeurende wyse uit dié toernooi geboender is toe die Uruguaanse doelskieter Luis Suarez hulle van ’n wendoel ontneem het deur die bal met sy hand uit die doelhok te klap.

Suarez was nie die enigste WB-boef nie.

Twee liederlike skeidsregterblapse het bygedra tot Engeland en Mexiko se uittog, terwyl Nederland die eindstryd van sy skouspel-status ontneem het deur nege van die 14 geelkaarte én ’n rooikaart te ontvang – ’n nuwe eindstryd-rekord.

Pitso Mosimane, Parreira se jarelange strooijonker, het kort ná die toernooi bruidegom geword en sy stempel onmiddellik afgedruk deur die Black Stars in ’n oefenwedstryd met 1-0 te klop.

Hy het die Suid-Afrikaners daarna ook na ’n sege en ’n gelykopuitslag teen onderskeidelik Niger en Sierra Leone in kwalifiserende wedstryde vir 2012 se Afrika-beker-toernooi gelei, voordat hy laasmaand in Kaapstad teen die taai span van die VSA vasgeval het.

Bafana is boonop bo-aan hul Afrika-beker-groep – en hulle het onlangs vir die eerste keer in byna vyf jaar weer onder die voorste 50 spanne getel op die amptelike wêreldranglys van Fifa.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fifa  |  2010  |  bafana bafana  |  sokker

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Corrie sê... Nee Wynand...Renoir weet mos wat hom altyd amuseer...so hy is die expert van grappies in sy broek sien...hy praat van ondervinding ....LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.