Sokkertragedie: Fifa skenk geld aan families
2012-02-08 12:11
Johannesburg - Fifa het Woensdag onthul dat hy $250 000 (byna R20 miljoen) aan die families van die 74 mense wat hul lewens in die Egiptiese sokkertragedie verloor het, gaan skenk.
Die slagoffers is dood toe geweld verlede Woensdag by 'n wedstryd tussen die al-Masry- en al-Ahly-sokkerklubs in Port Said uitgebreek het.
Ondersteuners van Al-Masry het die veld bestorm en Al-Ahly-ondersteuners met klippe, bottels en vuurwerk aangeval.
"Ek is steeds geskok oor wat gebeur het," het Fifa-president Sepp Blatter Woensdag gesê.
"Baie van die slagoffers was nog so jonk. Hulle het ook hul families finansieel ondersteun."
"Die sokkergemeenskap, insluitende Fifa, moet sy broers en susters in Egipte bystaan," het Blatter gesê.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24