Sokkerster vas wat 214 km/h jaag
2011-12-28 17:55
Johannesburg – Joseph Malongoane, ster van die Platinum Stars-sokkerspan, is in hegtenis geneem ná hy teen 214 km/h in 'n 60 km/h-sone gejaag het in die dorpie Bela Bela in Limpopo, het die polisie Woensdag bevestig.
Die 23-jarige sokkerster is op borgtog van R2 000 vrygelaat en moet op 10 Januarie in die dorp se landdroshof verskyn, het Mohale Ramatseba, 'n woordvoerder, gesê.
Geen verdere besonderhede oor die voorval is tans beskikbaar nie.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA