Sokkerster se stewels word "monument"
2010-07-20 15:29
Johannesburg - Die stewels waarmee Bafana Bafana se middelveldspeler, Siphiwe Tshabalala, die eerste doel in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi aangeteken het, gaan deel word van 'n 'historiese monument'.
Die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) se uitvoerende hoof, Leslie Sedibe, het Woensdag in die parlement aan die portefeuljekomitee vir sport en ontspanning gesê, Tshabalala se sokkerstewels sal uitgestal word by Safa se hoofkwartier in Johannesburg.
"Iets wat ons baie graag wil doen is om 'n argief van Bafana se deelname aan die Wêreldbeker te maak," het Sedibe gesê.
"Ons wil nie uit die oog verloor hoe ver ons as 'n nasie gekom het nie, hierdie stewels verteenwoordig hoop" het hy bygevoeg.
Tshabalala het die eerste speler geword om 'n doel aan te teken in Suid-Afrika se Wêreldbeker-openingswedstryd teen Mexiko wat 1-1 in Soccer City geëindig het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA