Sokkerster kry tronkstraf
2010-12-07 19:36
Kaapstad - Bruno Souza, die Brasiliaanse doelwagter wat daarvan verdink word dat hy sy eks-meisie vermoor het, is Dinsdag tot vier en 'n half jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte wat spruit uit haar verdwyning.
Regter Marco Couto het die vonnis oor die sokkerster uitgespreek, wat in Julie vanjaar aangekla is van ontvoering en moord op die 25-jarige Eliza Samudio. Haar liggaam is nooit gevind nie.
Daar word vermoed dat Samudio, wat ten tye van haar verdwyning, beweer het dat Souza die pa van haar vier maande oue baba is, op onderhoud aangedring het. Die baba is later by Souza se vrou gevind.
Tydens 'n ondersoek vroeër die jaar het Souza se 17-jarige nefie erken dat hy gehelp het om Samudio te ontvoer en daarna te martel en te verwurg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA