Sokkerspeler skuldig aan aanranding
2009-11-12 15:00
Kaapstad – Thabo Mooki, voormalige Kaizer Chiefs sokkerspeler, is Woensdag op aanklagte van aanranding en huishoudelike geweld skuldig bevind, nadat hy sy vriendin geslaan het.
Volgens ‘n berig op die Sowetan se webwerf het Mooki Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn en skuldig op al die aanklagtes teen hom gepleit. Hy het ‘n boete betaal.
Inspek. Lungi Mahonga het gesê die voorval het by Mooki se vriendin se huis in Winchester Hills plaasgevind, waarna hy Dinsdag by die South Gate winkelsentrum in hegtenis geneem is.
Mooki, wat nog net vir die Chiefs gespeel het, het nie sy kontrak aan die begin van hierdie seisoen hernu nie.
- KickOff