Soccer City sal FNB-stadion bly
2010-08-11 19:43
Johannesburg – Soccer City sal voortaan steeds as die FNB-stadion bekendstaan, het die hooggeregshof in Johannesburg Woensdag beslis.
“Die bank is tevrede met hierdie uitkoms en sal voortgaan met hul promosies en ander programme waarop die naam FNB-stadion aangebring sal word,” het woordvoerder Derek Carstens in ‘n verklaring gesê.
Die finansiële instansie het Nasionale Stadions, wat Soccer City bestuur, hof toe geneem om hulle te verhoed om die naam te verander.
Woensdag se beslissing bepaal dat promosie-materiaal en kaartjies nou na die stadion as “FNB-stadion” sal verwys en nie Soccer City nie.
FNB se prokureur, PF Louw, het verlede week in die hof geargumenteer dat FNB die reg het om die stadion tot 2014 te benoem.
Die stadion was in 1988 voltooi en deur FNB besit. As deel van voorbereidings vir die 2010W 1988 voltooi en deur FNB besit.
As deel van voorbereidings vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi het die institusie sy eienaarskap van die stadion opgegee en dit na die Stad Kaapstad oorgedra.
Volgens Carstens het die bank, in ooreenkoms met Fifa se vereistes, ooreengekom dat die naam en / of logo van die stadion vir ‘n periode verander sou word.
Dit sou wees drie maande voor die toernooi en sou duur tot ‘n week ná die laaste wedstryd.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- SAPA