Só lyk Bafana vir VSA-stryd
2010-11-10 16:39
Johannesburg - Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane het Woensdag die name van 23 spelers bekend gemaak wat vir die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd teen Amerika op 17 November sal uitdraf.
Mosimane het agt veranderinge gemaak aan die span wat verlede maand teen Sierra Leone gelykop (0-0) gespeel het.
Afskoptyd by die Kaapstad-stadion in Groenpunt is om 21:30
Span:
Doelwagters:
Itumeleng Khune (Kaizer Chiefs), Moeneeb Josephs (Orlando Pirates)
Verdedigers:
Morgan Gould, (SuperSport United), Siboniso Gaxa (Lierse, België), Tsepo Masilela (Maccabi Haifa, Israel), Siyabonga Sangweni (Golden Arrows), Anele Ngconca (Racing Genk, België), Bevan Fransman (Hapoel Tel Aviv, Israel), Siyanda Xulu (Mamelodi Sundowns), Keegan Ritchie (Moroka Swallows)
Middelveldspelers:
Teko Modise, Andile Jali (albei Pirates), en Siphiwe Tshabalala, Reneilwe Letsholonyane (albei Chiefs), Steven Pienaar (Everton, Engeland), Thanduyise Khuboni (Arrows), Daylon Claasen (Lierse, België), Matthew Pattison (Sundowns), Kagisho Dikgacoi (Fulham, Engeland)
Doelskieters:
Sthembiso Ngcobo (Chiefs), Katlego Mphela, Kermit Erasmus (SuperSport United), Davide Somma (Leeds United, Engeland), Bernard Parker (FC Twente, Holland)
Kaartjies vir die kragmeting kos R50 en R100 en kan by Computicket bespreek word.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24