Slegs 'n natuurramp kan 2010 stuit
2009-11-10 05:35
Londen – Danny Jordaan, die organiseerder van die sokker Wêreldbeker, het gesê dat daar nooit ‘n noodplan was om die 2010 toernooi te skuif as Suid-Afrika nie gereed was nie.
Sepp Blatter, die president van FIFA, het gesê dat Amerika een van die lande is wat op kort kennisgewing gasheer kan wees, maar Jordaan het gesê dat dit slegs sou gebeur indien ‘n natuurramp die land sou tref.
Volgens Jordaan sou Suid-Afrika nooit ooreengestem het om R33 miljard in infrastruktuur te investeer as FIFA enige ander onvoorsiene uitgawes ingestel het nie.
“Geen land sal daardie kontrak teken as dit nie ‘n vaste kontrak is nie. Die organiseringsvereniging het net een voorwaarde...as ‘n natuurramp die infrastruktuur so erg beskadig dat die land nie betyds weer kan herstel nie.”
- Sapa-AP