Seun skiet pa in sokker-rusie
2011-12-09 13:16
Luanda – 'n 17-jarige seun het na bewering sy pa Donderdag in Luanda, Angola, doodgeskiet nadat 'n rusie ontstaan het oor wie die beste Spaanse sokkerspan is.
Die inligting is bekendgemaak deur 'n kriminele ondersoekbeampte, Carlos André, wat gesê het die voorval het in die Golfe 11-woonbuurt in Luanda se Belas-distrik plaasgevind.
Volgens die bron het die pa en seun stry gekry oor wie tussen Real Madrid en Barcelona die beste Spaanse sokkerklubs is.
Die beampte het gesê die argument het buite beheer geraak waarna die seun glo 'n vuurwapen gegryp en sy pa, Valdete Franco (48), twee keer geskiet het.
Franco sr. is op die toneel dood verklaar.
Sy seun het op die vlug geslaan en is steeds op vrye voet.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24