Senuwees lol, sê Bafana-groentjie

2010-09-01 08:48
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - 'n Skrale maand gelede het hy nog die handtekeninge van Steven Pienaar, MacBeth Sibaya en Aaron Mokoena gejag.

Die naweek is ’n Bafana Bafana-buiging én drie punte nader aan ’n plek in 2012 se Afrikabeker-toernooi die enigste ding in Keagan Richie se visier.

Dít boonop saam met dieselfde drie spelers, wat dié 20-jarige verdediger van Moroka Swallows steeds as sy helde beskou.

Richie is die enigste nuweling in die Suid-Afrikaanse sokkerafrigter, Pitso Mosimane, se groep vir Bafana se eerste kwalifiserende wedstryd, wat Saterdag in die Mbombela-stadion in Nelspruit plaasvind.

“Ek was maar lekker op my senuwees toe ek hoor ek is gekies, want skielik is ek in dieselfde span as al my helde,” het Richie gister gesê.

“’n Maand terug het ek nog al hul handtekeninge probeer kry en nou is ek een van hulle.”

Tog sal hy nie oorweldig wees nie, sou hy speelkans teen die Wes-Afrikane kry.

“Ek wil nou veg vir ’n permanente plek in die groep en die afrigter se vertroue in my regverdig,” het hy gesê.

“Gelukkig is daar ’n hele klomp ouens by wie ek kan gaan raad vra – soos Steven, MacBeth en Aaron.”

Volgens Sibaya, wat pas sy Russiese klubspan, Rubin Kazan, gehelp het om te kwalifiseer vir die Europese Kampioeneliga, sien hy uit na die kans om Bafana-jongelinge – soos Richie – touwys te maak.

“Toe ek die eerste keer vir Suid-Afrika gekies is, kon ek leer by spelers soos Lucas Radebe en Benni McCarthy en nou wil ek ook help dat die nuwelinge hulle stempels afdruk, ” het dié 32-jarige trots van die middelveld gesê.

Bafana kon, onder die Brasi­liaanse breier Joel Santana, nie ’n plek in vanjaar se toernooi in Angola verseker nie.

“Ons het ons les geleer,” het Sibaya gesê.

“Dié keer kan ons geen wedstryd as vanselfsprekend aanvaar nie en ons móét ons stempel reeds vroeg afdruk teen Niger.” 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: niger  |  sokker  |  afrikabeker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Eidel sê... Stormers julle het karakter gewys oor-see toe die beserings so erg was. Nou kan julle weer vir die land wys wat is karakter en hoe speel julle vir mekaar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.