Safa nog stil oor naam

2011-04-12 22:23
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Voetbalvereniging (Safa) het Dinsdag gehou by hul weiering om te bevestig of die nasionale sokkerspan se naam gaan verander.

Die maatskappy wat die regte besit om die Bafana Bafana-handelsmerk op klerasie en skoeisel te gebruik, Stanton Woodrush, het vroeër vandeesweek gesê Safa het hom ingelig die amptelike bynaam sal verander.

Kirsten Nematandani, Safa-president, het egter gesê die vereniging het nooit praatjies met Wayne Smidt, eienaar van Stanton Woodrush, gehad nie omdat dié glo nooit sy telefoon geantwoord het of op boodskappe gereageer het nie.

“Toe ons sy kontaknommer gekry het, het ons hom gebel, maar sy telefoon was af. Hy het nooit gereageer op die boodskappe wat ons vir hom gelos het nie,” het Nematendani gesê.

Nematendani was nie bereid om te bevestig of Safa sou oorweeg om die regte by Smidt oor te koop en of Safa ‘n geheel en al nuwe naam sal vind nie.

Hy het gesê die vereniging sou Dinsdag ‘n verklaring vrystel, maar Safa se mediabeampte, Matlhomola Morake, wat die verklaring sou uitstuur, het gesê hy weet niks daarvan nie.

Die minister van sport, Fikile Mbalula, ondersteun die idee dat die naam Bafana Bafana moet plek maak vir ‘n meer “intimiderende” kommersiële bynaam. Die huidige naam, Bafana Bafana, beteken “die seuns” in Zulu.

“Naamsverandering is ‘n debat waarna ons kan kyk. Ons word gerespekteer op die Afrika-kontinent,” het Mbalula verlede maand gesê.

“Ons klim die Fifa-ranglys en ek wonder of ons nog steeds daardie naam (Bafana Bafana) nodig het.”

Die idee word ook ondersteun deur Safa se adjunkpresident en uitvoerende hoof van die 2010-Wêreldbeker se organiseringskomitee, Danny Jordaan. Hy, Nematendani en Alpha Mchunu is luidens berigte die taak opgelê om ‘n nuwe naam te vind.

“Zimbabwe is van Rhodesië verander en selfs my tuisstad, Port Elizabeth, staan nou bekend as Nelson Mandelabaai,” het Jordaan onlangs gesê.

“Vir so lank as wat die naam Bafana Bafana al bestaan, was daar dié wat daarteen gekant was. Dit word in sommige opsigte as neerhalend beskou, omdat dit ‘die seuns’ beteken en dit volwasse mans is van wie ons praat.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter


- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.