Safa bloos oor stryd wat nooit was

2011-02-04 09:47
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) moes Donderdag ongemaklike vrae beantwoord oor sy organisasievermoë op ’n mediakonferensie wat belê is om ’n aankondiging oor Bafana Bafana te doen.

Die nasionale sokkerspan was veronderstel om Woensdag in die Royal Bafokeng-stadion in Rustenburg in ’n vriendskaplike wedstryd teen Burkina Faso te speel. Maar dit het aan die lig gekom dat dié bepaling nooit gefinaliseer is nie.

Safa het intussen aangekondig dat Bafana nou teen Kenia te staan gaan kom.

Kirsten Nematandani, Safa se president, het gister by Safa-huis in Soweto kleigetrap toe hy aanvanklik gesê het dit was slegs bespiegelings dat Bafana teen Burkina Faso sou speel en dat daar nooit ’n amptelike Safa-aankondiging oor dié wedstryd gedoen is nie.

’n Joernalis het hom egter daarop gewys dat die bepaling op die internasionale sokkerfederasie, Fifa, se amptelike wedstrydlys is.

Bafana pak Kenia nou Woensdag sonder twee van sy grootste name nadat Pitso Mosimane, die span se breier, Katlego Mphela en Teko Modise gepos het.

En hoewel Steven Pienaar, Bafana se blinkste internasionale ster, wel in die groep ingesluit is, lyk dit bra onwaarskynlik dat hy in Rustenburg in aksie sal wees.Dié middelveldspeler het Dinsdag harsingskudding opgedoen toe hy en sy Suid-Afrikaanse spanmaat Bhongani Khumalo in ’n oefening van Tottenham Hotspur koppe gestamp het.

* Die groep teen Kenia is: Itumeleng Khune, Moeneeb Josephs, Morgan Gould, Siboniso Gaxa, Bhongani Khumalo, Tom Mzivukile, Reuben Coete, Anele Ngcongca, Siyabonga Sangweni, Aaron Mokoena, Matthew Pattison, Andile Jali, Thanduyise Khuboni, Reneilwe Letsholonyane, Steven Pienaar, Daylon Claasen, Kagisho Dikgacoi, Siphiwe Tshabalala, Sifiso Myeni, Kermit Erasmus, Tlou Segogela, Bernard Parker, Davide Somma en Thulani Serrero.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24


Lees meer oor: safa  |  kenia  |  sokker  |  bafana bafana

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Steenkamp sê... Johan jy gee mos voor jy is n ortopeed in Kanada maar ek weet jy is n "sparkie" - en n swak een daarby. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Showers late. Partly cloudy. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 2.0 Highline 5-dr
2006
R 135,995.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2011
R 433,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.