Safa bankvas agter Bafana-breier
2009-11-07 02:32
Johannesburg - Die Bafana-breier, Carlos Alberto Parreira, sê hy het nie na Suid-Afrika teruggekeer vir die geld nie, maar om klaar te maak wat hy begin het.
Parreira het Vrydag by 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê die nasionale span moet dringend omgekeer word.
Hy het sy planne vir dié span met sy terugkeer aan Suid-Afrika bekendgemaak.
Parreira het homself daaraan toegewy om die span vir 2010 voor te berei.
Hy het beloof om nie dié keer alles net so te los nie, en gesê sy vrou het intussen ten volle herstel.
Hy het 'n beroep om Suid-Afrikaners gedoen om hom en die nasionale span in hul voorbereiding vir die Wêreldbeker te ondersteun.
Parreira het gesê sy R1,6 miljoen 'n maand salaris en voordele wat deur die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) aangebied is, nie die rede is vir sy teruggekeer na Suid-Afrika nie.
"Ek is nie hier vir die geld nie. Ek is hier oor die eer en voorreg wat dit is om die gasheerland na die Wêreldbeker te lei. Dit is vir my spesiaal. Ek het aanbiedinge by twee ander klubs en twee nasionale spanne van dei hand gewys. Ek wil klaarmaak wat ek in Februarie 2007 begin het."
Hy het gesê sy eerste taak is nou om die jongspelers se selfvertroue te bou.
Kirsten Nematandani, Safa-president, het gesê Safa sal doen wat hy kan om Parreira te help en geld is nie een van die dinge waaroor hulle bekommerd hoef te wees nie.
"Ons het goeie borge en ons sal doen wat ons kan om Parreira en sy tegniese span te ondersteun. Die doel is om suksesvol te wees in die Wêreldbeker."
– Sapa