SAners betaal minder vir WB-kaartjies

2010-02-19 13:34
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Jerome Valcke, sekretaris-generaal van Fifa, sê kaartjiepryse vir Suid-Afrikaners gaan verlaag word om te verseker dat kaartjies vir die Wêreldbeker-eindstryd uitverkoop is.

Ná teleurstellende verkope aan oorsese ondersteuners gaan kategorie 2- en - 3-kaartjies verander word na kategorie 4-sitplekke wat vir $20 (sowat R153) aan Suid-Afrikaners verkoop gaan word.

Valcke het aan The Telegraph gesê: "Ons gaan die aantal kategorie 4-kaartjies meer maak. Ons kan nie 'n situasie hê waar die Wêreldbeker in Suid-Afrika gehou word en die mense nie die wedstryde kan sien nie".

"Dit gaan Fifa se inkomste verminder, maar ons het die inkomste ingebring wat ons nodig het om die reëlingskomitee se begroting van $423 miljoen (sowat R3,2 miljard) te ewenaar."

Valcke glo lugrederye en reismaatskappye is verantwoordelik vir die aantal kaartjies wat nie verkoop is nie.

"Ek dink maatskappye voel hulle kan nou hul koste verhoog. Ons wil seker maak aanhangers kan na Suid-Afrika reis."

"Dit is duidelik dat mense besluit het om die hoogste pryse te vra omdat dit die Wêreldbeker is om hul inkomste te verhoog, maar dit werk nie," het hy gesê.

Valcke het erken dat dit 'n fout was om Match, die agentskap wat verblyf vir Fifa hanteer, eksklusiewe regte te gee om reis- en kaartjiepakette vir Suid-Afrika en Brasilië in 2014 te verkoop.

"Ons het goeie lesse wat ons van 2010 leer wat ons in 2014 gaan help," het hy gesê.

"Vir die 2010 Wêreldbeker moet ons die kaartjies direk aan aanhangers verkoop. Ons sal daaraan dink om Fifa-kaartjiesentrum wêreldwyd oop te maak."

Sport24

 

Lees meer oor: 2010

binne nuus24

Nuutste Sokker-kommentaar

Johan sê... Dis soos krieket en nou sokker....als raak by die dag meer en meer n klugspul. Jy weet nie meer wat is sport en wat is snert nie. Rugby volgende? Wel,van die skeidsregters is reeds daar..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Playa 1.6 5-dr
2000
R 56,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2011
R 345,900.00

TOYOTA

Yaris ZEN3 Sedan 1.3 Plus
2011
R 129,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.