SA wil bod maak vir Vroue-WB
2010-10-01 13:00
Johannesburg - Suid-Afrika gaan 'n bod maak om Fifa se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue in 2013 aan te bied, het Leslie Sedibe, Safa se uitvoerende hoof, Donderdag aangekondig.
"Ons is deur Fifa genader oor die 2013 Wêreldbeker-toernooi vir vroue," het Sedibe aan The Soweton gesê,
"Dit is vir ons 'n groot eer om deur Fifa genader te word. As ons die geleentheid kan kry om dié toernooi aan te bied, sal dit baie beteken vir die ontwikkeling van vrouesokker in die land. So ja, ons wil beslis 'n bod maak," het hy bygevoeg.
Die 2013 Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue word vanaf 31 Oktober to 14 November aangebied.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24