SA sokkerlegende sterf
2011-05-02 18:11
Johannesburg - Die legendariese Suid-Afrikaanse sokkerafrigter Eddie Lewis, wat in 'n stadium twee van die land se topspanne gelyktydig afgerig het, het in 'n Johannesburgse hospitaal gesterf.
Lewis is in die ouderdom van 76 dood ná 'n lang stryd teen kanker.
Lewis, wat al vir Manchester United, West Ham en Preston North End uitgedraf het, het in die apartheidsera in 'n stadium beide Kaizer Chiefs en Wits Universiteit gelyktydig afgerig.
Hy het ook spanne soos die Moroka Swallows, Amazulu en Giant Blackpool afgerig.
"Hy het fantastiese insig in die spel gehad," het Ronnie Schloss, hoof-bedryfsbeampte van die PSL oor Lewis gesê.
- Volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA